Home   Hoofstuk 1   Aankope   Nuus   Weblinks   Kontak
Home You are here: Home
Welkom by die tuisblad van Makkie de Beer se: PDF Afdruk E-pos

Gees van die Labrador!

Gees van die Labrador

[ Die aangrypende verhaal van die lief en leed van die boeregemeenskap van Rietfontein in die Oos-Vrystaat word hier met ons gedeel. Ongewone dinge wat die lewens van doodgewone mense ingrypend verander. Word deel van hierdie familie en geniet bietjie die gesonde onskuldige plaaslewe van ons voorvaders. ]

 

In die volgende maand word die boek elektronies gepubliseer deur "Kameeldoring Boeke". Die manuskrip word op die oomblik geproeflees waarna die finale afronding gedoen gaan word. Bestellings kan reeds geplaas word deur lesers wat verkies om die boek op CD te ontvang. Die prys gaan net R45 wees maar sluit nog nie posgeld in nie. Gaan na die "Kontak besonderhede" bladsy, en aan die onderkant daarvan is die bestelvorm. Die elektroniese boek sal vir R37 via die “Kameeldoring Boeke” webwerf afgelaai kan word. Daar word ook gepoog om die boek wêreldwyd deur Amazon en Smashwords beskikbaar te stel.

Gees van Die Labrador

Die boek bied ligte lees vermaak veral aan diegene wat wonder oor die lewe op 'n plaas. Plaasjapies aan die anderkant mag dalk terug gevoer word na hulle eie dae op die plaas en met verlange terugdink aan hulle ervarings en sorgelose tye in die platteland. Die boek is geskoei op 'n meer eenvoudige lewe rondom 'n klein plattelandse dorpie in die Riemland. Wat vroeër bietjie van 'n spotnaam was (amper soos takhaar) is deur baie boere aangeneem as hulle omgewings naam. Is die Riemland in die Oos-Vrystaat dan nie een van die mooiste dele van ons land nie? Die denkbeeldige Rietfontein iewers tussen Bethlehem en die Golden Gate, is die plattelandse dorpie waar die storie afspeel. Leer ken 'n klompie boeremense, kyk wat hulle aanvang en proe saam met hulle aan die tradisionele kos en lekkernye wat hulle geniet. Ervaar die die plaaslewe soos net Makkie dit kan vertel.

Ons eerste ervaring saam met die “Riemlanders” begin duisende kilometers verder Noord in die Sahara woestyn Wes van Kaïro. Twee reuse aanvoerders het kragte gemeet naby El Alamein. Die bloed van duisende manskappe het diep in die dorre sand van Egipte ingetrek terwyl Montgomery stadig die oorhand begin kry het oor die geslepe Rommel. Die slag was van deurslaggewende belang en het gelei tot die ontrekking van die Duitsers uit Afrika. 'n Strategiese oorwinning, wat ongelukkig diep sielkundige wonde op die oorlewendes nagelaat het. Gedurende die “hel” in die woestyn was die Riemlanders daar – dag en nag soos die kanonne en bomme wat nooit opgehou het nie. Makkie neem ons tussen hulle tente, deur die loopgrawe en tot by die hospitaal van die Rooi Kruis. Die lewens van talle jong mans het in daardie paar dae vir ewig verander.

Wagter op die ryp-bedekte gras.

Makkie de Beer skryf uit haar hart uit en het 'n wye ervaring van die lewe en 'n uiteenlopende vriendekring. Haar karakters voel later soos familielede en vriende wat jy bladsy vir bladsy beter leer ken en liefkry. Hulle is nie sonder foute nie en net soos ons gewone mense, probeer hulle om 'n lewe te maak vir hulleself en hulle geliefdes. Ervaar die hartklop van 'n plaas en voel saam met hulle, in hulle menslike pogings om geluk en liefde te vind. Nader aan die grond en midde in die natuur wissel die emosies soos die seisoene – van warm luilekker somersdae tot bittere koue en 'n stryd om oorlewing vir mens en dier. Lag vir die koddige en uitbundige energie van 'n jong kalfie en huil saam met die boervrou wanneer 'n verwoestende brand hulle hoop en drome tot as verbrand.

Die boek ontvou oor twee dele. Om die nuuskierigheid te prikkel gaan ons hier onder 'n oorsig gee van elkeen van die afdelings. Wat ons eintlik wil hê, is dat jy die boek moet lees en dit net soveel geniet as wat Makkie dit geniet het om dit te skryf.

Deel 1: Voorbrand

Twee Riemland seuns gaan saam na matriek Pretoria toe om by die Spoorweg of SAS&H te gaan werk. Jong seuns veral in die staatsdiens is destyds in ’n mate gedwing om by die Weermag aan te sluit. Sodra die twee aansluit word van hulle verwag om die Rooi Eed af te lê. Dit beteken hulle kon enige plek in Afrika ontplooi word om vir die Engelse te gaan veg.

Hierdie twee is na Alexandrië in Egipte verskeep en het van daar af betrokke geraak by die Slag van El Alamein. Baie jong mans is daar dood of vir altyd vermink in die dae van “hel op aarde”. Nie almal van die Riemlanders het veilig terug gekeer na hulle plase en hulle families toe nie.

Saam met die nuus van die einde van die 2de Wêreld Oorlog, het Dr. Venter ook vir Gert ‘n ander verassing gehad. Gert hou die klein worshondjie vir die eerste keer vas en hy en Zeppie is sommer dadelik maats.


Deel 2: Nuwe Begin

Gert kan nou met ’n skoon gewete sy huwelik begin en hart en siel in die plaaswerk insit. Uiteindelik laat hy homself toe om die weeskind, Rienie, ten volle lief te hê. Skaars ’n maand nadat hy vir die tweede keer terug is van Egipte af, is die tweetjies getroud.

Herman, die geswore oujongkêrel van die plaas Kromdraai, verloor sy hart op Gerda, die nuwe meisie by Jessie se rokwinkel. Op sy plaas verwonder sy haar aan die eienaardige geskreeu van die jakkalsvoëls wat nes toe vlieg in die aandskemering.

Johan se meubel restourasie gaan van krag tot krag by Uitzicht se ou huis aan die voet van die koppie. Ongelukkig vir hom voel Lalie van die Poskantoor net vriendskap vir hom en die liefde bly hom ontwyk. Martin wat nou in die nuwe huis bo-op dieselfde koppie bly, raak verlief op Marinda van die prokureurs kantoor. Martin word elke dag liewer vir die plaas en leer alles wat hy kan by Gert oor die bestuur van die plaas. Min het hy geweet wat nog van hom gevra gaan word voordat hy die familieplaas kan erf.

Wagter by die bruggie.

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
In Engels "Google" mense vir iets wat hulle wil weet. Miskien kan ons in Afrikaans "Riem" vir 'n ding. Ons weet reeds van "riem"-telegramme of 'n "Riem" onder die hart. Probeer bietjie vir "Rieme.co.za" as jy in Afrikaans na iets wil soek.

bloggerdeliciousdigg
 
   
 
Download Area
Show Cart
Your Cart is currently empty.

Login Form



 

This website is protected by copyright and trademark laws under R.S.A and International law.
All Rights Reserved © 2010 Stimela Publishers - Site designed & maintained by
Just this Once

Top