Home   Hoofstuk 1   Aankope   Nuus   Weblinks   Kontak
Home You are here: Home Nuus
Jongste Nuus oor "Gees" PDF Afdruk E-pos

lion

Jongste Nuus oor "Gees"

[Hier gee ons die jongste nuus of besprekings wat te doen het met die plaas roman, "Gees van die Labrador". Jy sal heel eerste hier kan lees dat die boek gepubliseer is. Dit word so aangebied dat die jongste nuus bo en die oudste nuus onder aan die bladsy is.]

Kommentaar en voorstelle is baie welkom. Laat weet my wat julle dink van die konsep, die karakters of enige iets wat met die boek verband hou. Stuur ook vir my fotos wat op die plaas geneem is, ons sal dit graag vir ander mense wil wys. Stuur ook jou gunsteling fotos van die hond in die familie. Het jy enige ou fotos van oupa en ouma op die plaas of ou plaas gereedskap of trekkers, dit maak nie saak nie ons sal dit met graagte wys.

Voorblad Kompetisie: Indien die boek in gedrukte vorm uitgegee word, sal ons uit hierdie fotos kies vir die labrador en agtergrond wat op die voorblad gebruik gaan word.

Nuus:_____________________

5 Des 2011: Ons wag net vir die "Kersfees koevertjies" om te kom van die drukkers af, dan pos ons julle bestellings. Lekker lees die vakansie.

12 Nov 2011: Daar is ses weke oor na Kersfees toe. Vermei die bekommernis van geskenke koop op die nippertjie. Bestel nou 'n klompie van die CD's wat in die mooi "Kersfees koevertjie" aan u of direk aan 'n gelukkige familielid / vriend gepos kan word. Verskaf aan ons die name en adresse en sluit 'n boodskappie in - en siedaar, geen verdere bekommernis oor 'n Kersgeskenk vir mense wat vêr bly nie.

4 Nov 2011: Vandag presies 69 jaar gelede het die Geallieerde magte die oorhand oor Rommel en sy Afrika Korps gekry. Teen Hitler se instruksies gee Rommel die opdrag dat sy troepe moet terugtrek. Die Slag van El Alamein was uiteindelik verby, 734 jong mans sneuwel in die proses. Rol tot onder die bladsy en lees meer van die Riemlanders se betrokkenheid in Egipte.

29 Okt 2011: Vir die nuuskieriges wat nie nog 'n bietjie kan wag nie, hier is die eerste hoofstuk om te lees. Beweeg met hierdie bladsy af tot by die titelblad van die boek, daarna volg die eerste hoofstuk wat in Noord-Afrika afspeel. Geniet die aptytwekker!

25 Okt 2011: Hier is 'n voorbeeld van hoe die CD koevertjie gaan lyk vir die Kersfees uitgawe van "Gees". Julle is welkom om reeds die PDF weergawe van die boek te bestel wat op 'n CD in die netjiese koevertjie gepos sal word.

Dink aan almal wat jy kan verras met 'n elektroniese weergawe van die boek en teen R45 kos dit nie veel meer as 'n Kerskaartjie nie.

  Daar is 'n bestelvormpie op die volgende bladsy, waar ons basies net u adres nodig het om een van die pragtige geskenke aan u te pos. Naam, ePos en telefoon nommer help baie om op te volg en uit te vind of u wel die CD betyds gekry het.

Dit is minder as twee maande voor Kersfees, begin sommer nou om daardie inkopie lysie korter te maak.

Klein Zeppie kuier lekker rond op die plaas

  25 Sep 2011: Vandag sou my oorlede man se 95ste verjaarsdag gewees het.

Dankie ou Paps, jy is nog steeds 'n inspirasie vir my. Ek gebruik nog dikwels jou boek as verwysing vir gebeure uit die geskiedenis.

Hoe vinnig het die jare verby geflits!

10 Sep 2011: Goeie nuus almal! Ek het die slot hoofstuk van “Gees van die Labrador” klaar geskryf. Nou moet Jaco dit net deurlees, afrond en hopelik oor 'n maand of wat publiseer. Ek het die skrywery ongelooflik baie geniet en begin klaar die mense van die Riemland te mis.

27 Aug 2011. Zeppie, die donkerbruin worshondjie in die storie, het met sy kort beentjies Wagter se groot spore vol gestaan. Nou soek ons nog steeds 'n paar mooi fotos van 'n donkerbruin worshondjie. As iemand sulke fotos het - kontak ons asseblief.

24 Aug 2011: Kan julle glo 5200 "hits" en 74 besoekers aan ons ou webblaadjie. Baie dankie almal, dit is 'n riem onder die hart.
22 Aug 2011: Besoekers stroom nog steeds na die webblad toe, selfs iemand uit Nederland het kom kuier. Huidiglik het ons al 63 besoekers gehad en 4300 hits. Baie dankie aan almal wat die moeite gedoen het om in te loer.

16 Aug 2011: Ek dink die koue weer het gemaak dat meer mense voor die rekenaar deurbring want ons blad het reeds 3700 "hits" en 50 besoekers opgelewer. Baie dankie aan almal wat kom inloer het. Jammer oor die koue weer, maar gelukkig kom die somer elke dag 'n bietjie nader.

Mense vra hulle wil bietjie meer weet oor my as mens. Sjoe dit is nie so maklik as wat dit klink nie maar ek sal bietjie daaroor dink.

------------------------------

14 Aug 2011: Piet die vriendelike webmeester van Sarie Marais.com het "Gees" aan sy webblad geskakel in Engeland. Boeremense in die oorsese lande wat op Sarie Marais.com kuier kan nou van daar af ook op ons inskakel. Baie dankie Piet, voorspoed daar tussen die Ingelse.

13 Aug 2011: Wow! die naweek lyk belowend vir my, huidiglik het ons reeds 2400 "hits" gehad. Dit klink fantasties in so 'n kort tydjie. Van die "hits" het 15 mense darem 'n rukkie gebly en rond gesnuffel. Baie dankie aan almal wat kom inloer het, dit is fantasties! Lekker naweek. Makkie

12 Aug 2011: Opwindende nuus, Camelthorn Books het "Gees" op twee ISBN nommers geregistreer. Die boek wat op CD gepubliseer gaan word se nommer is: 978-0-9870164-0-9. Die elektroniese weergawe wat afgelaai kan word is onder ISBN 978-0-9870164-1-6 geregistreer.

Dit begin regtig te voel asof dinge aan die gebeur is na soveel maande se skrywery.

11 Aug 2011: Al reeds meer as 'n duisend "hits" op ons webblad! Kom ons hoop 'n paar van hulle kom terug om bietjie verder te lees en dat hulle nie net 'n hondjie wil koop nie.

Wat dink julle van hierdie as 'n voorblad vir my storie? Laat weet bietjie dat ons kan hoor...

bloggerdeliciousdigg
 
   
 
Download Area
Show Cart
Your Cart is currently empty.

Login Form



 

This website is protected by copyright and trademark laws under R.S.A and International law.
All Rights Reserved © 2010 Stimela Publishers - Site designed & maintained by
Just this Once

Top